Dié prys is in 1968 ingestel op inisiatief van die uitgewersfirma Human en Rousseau.
Dit is op hulle voorstel na Gustav Preller (1875 - 1943, stigterslid en etlike jare
sekretaris van die Akademie, joernalis, geskiedskrywer en kritikus) genoem.
Dié prys vervang die ou Stalsprys vir Literatuurwetenskap en is al om
die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met
inbegrip van letterkundige kritiek.
Die prysgeld van R5 000 plus 'n silwermedalje word deur Human & Rousseau geborg.
TOEKENNINGS
1970   prof. W.E.G. Louw
1973   prof. Rob Antonissen (postuum)
1976   prof. T.T. Cloete
1979   prof. H. van der Merwe Scholtz
1982   prof. Elize Botha
1985   prof. D.J. Opperman
1988   prof. J.C. Kannemeyer
1991   prof. Ernst van Heerden
1994   prof. André P. Brink
1996   prof. F.I.J. van Rensburg
2000   prof. H.P. van Coller
2003   prof. J.P. Smuts
2009   prof Chris van der Merwe
Besonderhede oor die jongste drie pryse is beskikbaar op die
Akademie se webblad:
http://www.akademie.co.za