Inhoud

Tuisblad

Agtergrond

Die Mens

Die Tweede
Vryheidsoorlog

Joernalis

Taalstryder

Historikus

Skrywer en
kritikus

Sy Publikasies

Bronnelys

Gustav Preller


Die Mens

As mens was Preller beskeie, vriendelik, beskaafd, gevoelvol, lojaal en uiters hardwerkend. Hy het nie tyd gehad vir sosiale geklets nie en het slegs 'n handjievol intieme vriende gehad met wie hy liefs tuis verkeer het. Sy lewenslange verbintenis met Eugène Marais is alombekend.

[Gustav Preller]

Hoewel hy soms met bytende sarkasme kon skryf, was sy denke kalm, sy lewensbeskouing bedaard en ewewigtig en het hy geen blywende wrok ná die hitte van die stryd gekoester nie. Hoewel geen kerkman nie, was hy tog diep godsdienstig. Liefde - en nie haat en vergelding nie - was sy uitgangspunt. Hy kon vergewe sonder om te vergeet, hy kon vir menslike verskille toegewings maak. Daarom kon hy goed bevriend bly met mense wat ook onderling heftige politieke geskille gehad het.

Ten spyte van die heftigheid van sommige van sy geskrifte was Preller 'n man van onverstoorbare kalmte. Hy kon koppig wees, veral ten opsigte van sy eie menings en bevindings, ook t.o.v. spelling en taalgebruik. In laasgenoemde was hy 'n individualis, nes Langenhoven. Preller was egter 'n taalskepper en talle van die woorde wat hy geskep het, sal altyd in gebruik bly, o.m. taalindoena, tikmasjien, tikster, snelskrif, hysbak, uitsaaikorporasie, en so meer.