Gustav Preller

Terug na "Agtergrond"

EREGRAAD: MNR. GUSTAV S. PRELLER

Mnr. Preller is joernalis van beroep. Hy het o.a. op die redaksie van "De Volkstem" gedien en op die oomblik is hy hoofredakteur van "Ons Vaderland".

Benewens sy beroep het Mnr. Preller verdienstelike navorsings in verband met ons vaderlandse geskiedenis gedaan. Dit is op grond van hierdie navorsingswerk dat ek my voorstel gemaak het.

Mnr. Preller is die skrywer van die volgende werke:-

  1. Voortrekkermense I, II, III, IV,
  2. Piet Retief,
  3. Kapt. Jock Hindon,
  4. Historiese opstelle,
  5. Voortrekkerwetgewing,
  6. Oorlogsoormag,
  7. Dagboek van Louis Trigardt,
  8. Notule van die Natalse Volksraad,
  9. Sketse en opstelle
    ens. ens.

Mnr. Preller se navorsinge handel veral oor die Groot Trek en op hierdie gebied kan hy vandag as die mees gesaghebbende skrywer beskou word.

Mnr. Preller is verder, op grond van sy navorsinge, lid van verskeie genootskappe en liggame soos b.v. die Historiese Genootskap (Utrecht, Holland), die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns, die Maatskappy vir Nederlandse Letterkunde ens.

Dit is my derhalwe 'n eer om Mnr. Gustav S. Preller, op grond van sy wetenskaplike prestasies, as kandidaat vir die Eregraad Ph.D. van die Universiteit van Stellenbosch te kan voorstel.

Dr J.A. Wiid

"Laudatio" gelewer tydens die toekenning van die eregraad