Tuisblad

Agtergrond

Die Mens

Die Tweede
Vryheidsoorlog

Joernalis

Taalstryder

Historikus

Skrywer en
kritikus

Sy Publikasies

Bronnelys

Gustav Preller

[Gustav Preller]

1875-1943

Gustav Preller word as een van die toonaangewende figure in ons land onthou. Hy was 'n bekende joernalis, uitstaande historikus, stoere taalstryder, onderlegde kultuurman, geliefde skrywer en bekwame literêre kritikus. Sy dinamiese persoonlikheid sal altyd aan die Tweede Taalbeweging en die erkenning van Afrikaans gekoppel bly.

Preller het die Afrikaner gehelp om te ontwaak tot die belangrikheid van sy eie vaderlandse geskiedenis, waartoe hy ook 'n reuse bydrae gelewer het deur navorsing en geskiedskrywing. As historikus het hy sy volk na die Driejarige Oorlog geleer om sy verlede en homself te respekteer en deur middel van sy eie taal homself te bly en sy toekoms uit te bou.

Professor S.P.E. Boshoff (1950) wys daarop dat Preller, meer as enige ander skrywer, Suid-Afrikaners van die Voortrekkers bewus gemaak het. Hy voer aan dat Preller dus beskou kan word as die voorloper van die gedagte om die Voortrekker-monument op te rig.

Google
Die Internet Hierdie webwerf


Werfmeester : Dr L. E. Oberholster - Tel: 031-916-6993


Geborg deur:
ZAWeb Hosting
www.zawebs.co.za